Die Crèche - 3 tot 12 Maande Ouderdomsgroep

Die belangrikheid van 'n kind se eerste drie jaar kan nie genoeg beklemtoon word nie. By Bonthuis word nie slegs die beste fisiese versorging nagestreef nie, maar om ook 'n basis te voorsien vanwaar toekomstige leer- en ontwikkelingsmoontlikhede ontgin kan word. Puik personeel verseker dat hierdie strewe bewaarheid word.

Die crèche beskik oor 'n fisioterapeut en gekwalifiseerde onderwyseresse asook assistent onderwyseresse en helpers.

Die program sluit die volgende in:

Persoonlike, Sosiale en Emosionele Ontwikkeling

  • •   Die ontwikkeling van 'n positiewe selfbeeld – die funksionering binne groepsverband te bevorder sowel as mededeelsaamheid.
  • •   Die verwerwing van toepaslike eetvaardighede volgens ouderdomsgroep.
  • •   Toiletroetine
  • •   Inoefening van basiese sosiale vaardighede, soos higiëne, maniere, ens.

Fisiese Ontwikkeling
  • •   Aanmoediging en ontwikkeling van fisiese mylpale.
  • •   Sensoriese persepsie – ruimtelike orïentering.
  • •   Liggaamlike bewuswording – begrip van liggaam (liggaamsdele).
  • •   Speletjies ter bevordering van basiese leervaardighede.

Kommunikasie, Taal en Geletterdheid
  • •   Beklemtoning van die weeklikse tema verseker nie alleenlik die bevordering en uitbreiding van woordeskat nie, maar bied ook geleentheid tot kennisverwerwing en ervaring van die omgewing.

Ontwikkeling van Kritiese en Kreatiewe Denkvaardighede
  • •   Wiskunde – Leer om konkrete voorwerpe te tel, blootstelling aan geometriese figure, kleure en groottes.
  • •   Kuns – blootstelling aan, en eksperimentering met verskillende media.
  • •   Wetenskap - Basiese wetenskap in ooreenstemming met die weeklikse tema.

Kulturele Ontwikkeling
  • •   Musiek / Poppekas

Gesondheid
  • •   'n Goed gebalanseerde dieet wat daagliks voorsien word.


Getuigskrifte

"Ek wil graag die geleentheid gebruik om julle te komplimenteer op 'n fantastiese skool. Die waardes en grondslag waarop Bonthuis gebou is, is baie duidelik in die bestuur van die skool, die omgewing, die inhoud, die ondersteuning asook al die personeel en onderwysers. Baie dankie vir die goeie werk wat julle doen, 'n werk wat beslis nie die erkenning kry wat julle verdien nie! Ek was 'n baie gelukkige ouer by Bonthuis en sal die skool aanbeveel vir enige ouer."
~ Cila Myburgh (Ouer van voormalige studente)

Lees meer   

Bonthuis © 2019   |   Ontwerp en ontwikkel deur The Fire Agency
Tel: (012) 347 6069   |   Faks: (012) 347 6933   |   Schoongezicht Straat 373, Erasmusrand, Pretoria, 0181
bonthuis@bonthuis.co.za