Kulturele Aktiwiteite

Musiek
Musiek is een van die kragtigste kunsvorms wat 'n baie groot invloed op die totale ontwikkeling van 'n kind uitoefen. Suksesbereiking in een of ander vorm, word vir elke deelnemende kind moontlik gemaak, aangesien musiek individueel beleef word. Sukses en selfvertroue loop hand aan hand en bevorder selfwaarde wat die kind in staat stel om moeiliker take aan te pak. 'n Afgeronde opvoeding sluit musiekwaardering in wat luistervaardighede, konsentrasie en intellektuele vermoëns bevorder.

Kinders geniet musiekwaardering! Troetel u kind se musiekaanleg, hy/sy sal lewenslank die voordele daaraan verbonde, benut.

Ons Speelterrein

Die benutting van die speelterrein bied kinders die geleentheid tot deelname aan, en inter-aksie met, fisieke aktiwiteite. Die ontwikkeling van spiere en koördinasie kan slegs deur middel van beweging optimaal ontwikkel word.

Die Bonthuis omgewing asook personeelbetrokkenheid bewerkstellig konstruktiewe verwerwing van hierdie vaardighede. Geskikte toerusting, ruimte en vryheid bied geleentheid vir ondersoekende gedrag van, en beheer oor die omgewing; die ontwikkeling en versterking van fisieke vaardighede word hierdeur bewerkstellig. Speletjies maak voorsiening vir klim-en-klouter-, kruip-, spring- en hardloopaktiwiteite.

Die speelterrein akkommodeer ook kinders se behoefte aan fantasie-, verbeelding- en ontdekkende spel. Taspersepsie word ontwikkel met behulp van sandput-aktiwiteite, asook deur 'n verskeidenheid sand teksture, gras en blare wat op die speelterrein beskikbaar is.

Taal Aktiwiteite

Om 'n kind toe te rus met 'n ryk, kleurvolle en uitgebreide woordeskat, is die beste toerusting waarmee jy jou kind die wêreld kan instuur. Nie alleenlik beïnvloed dit sy geletterdheid nie, maar ook die stimulering van potensiële leervaardighede en sodoende word kinders vir die formele akademie voorberei.

By Bonthuis word onderrig in elke ouderdomsgroep, beide in Afrikaans en Engels, aangebied. Daar is wel 'n behoefte bepaal dat ons vanaf die 4 jaar ouderdomsgroep, onderrig verskaf in die taal van die ouers se keuse. Gespesialiseerde onderwysers voorsien in die verfyning en verwerwing van taalvaardighede.

Algemene Doelwitte:
  • •   Om ‘n gevoel van liefde vir Afrikaans as taal te kweek.
  • •   Om die vaardighede van luister (reseptiewe) en gesels (ekspressiewe) te ontwikkel.
  • •   Om die vaardigheid aan te leer om effektief, met selfvertroue en die nodige begrip in Afrikaans te kommunikeer.
  • •   Om die kind se woordeskat, gebruik van Afrikaans, uitspraak en verryking van die taal aan te moedig.
  • •   Om respek te hê vir boeke en`n liefde te kweek vir lees.
  • •   Om sy verbeeldingswêreld te stimuleer en riglyne daar te stel om sy taal in `n kreatiewe manier te kan gebruik en uit te leef.

Rekenaarsentrum

Rekenaar gebaseerde opleiding
Ons maak gebruik van "Just Click" rekenaar gebaseerde opleiding omdat dit ons kurrikulum ten volle ondersteun.

Ons Visie
"Just Click" strewe na die verhoging van die persentasie individue wat emosioneel, intellektueel en tegnologies goed toegerus is, om positief by te dra tot sosiale en ekonomiese welvaart van die land.

Leer Program
‘n 3 jaar leerprogram vir 3-6 jariges wat bestaan uit 120 lesse en word in die volgende 5 kategorieë ingedeel:
  • •   Persepsie
  • •   Geheue vaardighede
  • •   Kreatiwiteit
  • •   Logiese denke
  • •   Wiskunde

Sterk klem op emosionele vaardighede soos:
  • •   Gewaagde Daad
  • •   Samewerking
  • •   Doelwitstelling
  • •   Selfbeeld
  • •   Entoesiasme

Bevorder taakgerigtheid soos:
  • •   Konsentrasie
  • •   Besluitneming
  • •   Probleemoplossing
  • •   Taakvoltooiing
  • •   Onafhangklikheid
  • •   Fyn detail
  • •   Observasie
  • •   Logiese redenasie
  • •   Volharding
  • •   Voorkoming

50 Verskillende vaardighede word voortdurend gestimuleer, ontwikkel en evalueer om te verseker dat enige klein of groot ontwikkelings probleme vroegtydig identifiseer word en hulp betyds gebied word. Leerders met 'n hoë leer kapasiteit word aangemoedig om 'n hoër standaard te ontwikkel en om hul potensiaal te bevorder.

Individuele Aandag
‘n Maksimum van slegs 5 leerders op n slag word geakkommodeer, om individuele aandag te verseker. Lesse word op ‘n genotvolle, opbouende wyse aangebied in ‘n ontspanne atmosfeer, in die bekende Bonthuis omgewing.

Verslae
Verslae word 3 keer per jaar uitgereik gebaseer op die evaluasie gedurende die termyn. Voortdurende terugvoer word aan onderwysers gegee oor die vordering en ontwikkeling van die leerders.

Buitemuurse Aktiwiteite

Indien die ouers dit verlang, kan kinders aan bykomende buitemuurse aktiwiteite deelneem. Hierdie aktiwiteite word deur gekwalifiseerde, bekwame onderwysers aangebied met jare lange ondervinding:












Getuigskrifte

"Ek wil graag die geleentheid gebruik om julle te komplimenteer op 'n fantastiese skool. Die waardes en grondslag waarop Bonthuis gebou is, is baie duidelik in die bestuur van die skool, die omgewing, die inhoud, die ondersteuning asook al die personeel en onderwysers. Baie dankie vir die goeie werk wat julle doen, 'n werk wat beslis nie die erkenning kry wat julle verdien nie! Ek was 'n baie gelukkige ouer by Bonthuis en sal die skool aanbeveel vir enige ouer."
~ Cila Myburgh (Ouer van voormalige studente)

Lees meer