Welkom!

Bonthuis is 'n Crèche / Kleuterskool in Erasmusrand, Pretoria, wat voldag versorging aan babas en kleuters bied, vanaf drie maande tot Graad R. Dit is ons oortuiging dat gesonde en gebalanseerde kinders, intellektuele, emosionele, sosiale en fisieke stimulering benodig deur alle fases van kinderontwikkeling in hulle opweg-wees-na-volwassenheid. Ons gekwalifiseerde en uitgesoekte personeel bied 'n gestruktureerde skoolgereedmakingsprogram aan, om aan hierdie vereistes te voldoen.

Ons Speel

Die benutting van die speelterrein bied kinders die geleentheid tot deelname aan, en inter-aksie met, fisieke aktiwiteite. Die ontwikkeling van spiere en koördinasie kan slegs deur middel van beweging optimaal ontwikkel word.

Ons Leer

Deur ons gestruktureerde skoolgereedmakingsprogram word kinders intellektueel, emosioneel, sosiaal en fisies gestimuleer gedurende all vlakke van ontwikkeling.

Ons Groei

Elke kind word op sy naam aangespreek deur alle lede van die personeel. Dit verseker dat elke kind belangrik en gekoester voel. Onderrig word in beide Engels en Afrikaans aangebied.

COVID-19

Vind ons op Facebook

 

Getuigskrifte

"Ek wil graag die geleentheid gebruik om julle te komplimenteer op 'n fantastiese skool. Die waardes en grondslag waarop Bonthuis gebou is, is baie duidelik in die bestuur van die skool, die omgewing, die inhoud, die ondersteuning asook al die personeel en onderwysers. Baie dankie vir die goeie werk wat julle doen, 'n werk wat beslis nie die erkenning kry wat julle verdien nie! Ek was 'n baie gelukkige ouer by Bonthuis en sal die skool aanbeveel vir enige ouer."
~ Cila Myburgh (Ouer van voormalige studente)

Lees meer