Buitemuurse Aktiwiteite

Indien die ouers dit verlang, kan kinders aan bykomende buitemuurse aktiwiteite deelneem. Hierdie aktiwiteite word deur gekwalifiseerde, bekwame onderwysers aangebied met jare lange ondervinding

Rekenaar Klasse - Just Click
"Just click" is tonne pret en die gebruik van rekenaars maak nuwe geleenthede vir kinders om in 'n gemaklike en bekende skool omgewing emosioneel, intellektueel en tegnologies te ontwikkel.

Klik hier om die "Just Click" inskrywingsvorm af te laai

DANCE ARMY YOUNGSTERS:
Dance Army Youngsters is ‘n inleidende klas vir kinders ouderdom 3- tot 8 jaar en kombineer musiek en beweging op ‘n energieke en genotvolle manier by ‘n gestruktureerde leeromgewing. Hierdie musiek- en dansklasse help die leerders om koördinasie asook sosiale vaardighede te verbeter terwyl hulle leer om hulself uit te leef en hul selfvertroue versterk.



Musiek
Musiek is nie net nog 'n aktiwiteit wat by die skool aangebied word nie, maar dit dra by tot die ontwikkeling van u kind. Tydens musieklesse word beide kante van die brein gebruik en dit affekteer die groei van die kind se brein akademies (stimuleer die brein vir denke), emosioneel (dra by tot uitdrukking, fisies (leer om te sing en ritme te hou en koördinasie te bevorder) en dit is spiritueel. Kinders wat blootgestel word aan musiek, vorder verder op skool.



Experi-Maatjies
Experi-Maatjies is 'n opvoedkundige buitemuurse wetenskapprogram wat eksperimente gebruik om vir jong kinders te wys dat die wêreld van wetenskap pret kan wees. Dit word gedoen deur gebruik te maak van interaktiewe projekte, oulike demonstrasies en eenvoudige eksperimente.



Sokker
"Soccercise Starz" is 'n gebalanseerde program wat fokus op kinders tussen die ouderdom van 2 en 6 jaar. Ons glo dat wanneer belangerike vaardighede ontwikkel word op hierdie ouderdom dit die kind 'n voorsprong bied vir alle aspekte van sy lewe. "Grassroots Football Foundation" fokus veral op spier ontwikkeling, spanwerk dissipline, sosiale vaardighede, selfvertroue en besluitneming.



Ballet
Balletklasse word vanaf 4-jarige ouderdom aangebied. 'n Voorgeskrewe sillabus deur die Dans Akademie van Suid-Afrika (DANSA) word gevolg wat spesifiek fokus op Tiny Tots 1 en 2: (4- tot 6-jariges).



Playball©
Playball© fokus op die vaardighede van 6 sportsoorte vir seuns en dogters tussen die ouderdom van 2 en 8 jaar. Ons wil graag by u kind 'n liefde vir sport en beweging kweek, daarom gee ons die leerlinge baie erkenning en 'n positiewe opbouende atmosfeer heers in elke klas.



Kinderkinetika
Kinderkinetika fokus op die kind se totaliteitsontwikkeling vanuit beweging. Hierdie program word: Terapeuties, voorkomend en bevorderend aangebied om by die spesifieke behoeftes van u kind aan te pas soos vasgestel deur wetenskaplik gegronde evaluasies. Regstelling, verbetering of instandhouding van die fisieke ontwikkeling van babas, kleuters en jong kinders, bied gesondheids- sowel as totale welstandsvoordele.



A+ Students
Dit is ‘n kragtige brein- en vaardigheids ontwikkelings kursus met die doel om kinders se hoofrekene te verbeter asook vermoëns soos memorisering, konsentrasie, spoedlees en luister. Die verwerking van inligting, insig en fyn-motoriese beweging (gekoppel aan intelligensie) word verbeter.

PMA JUDO
Judo is ‘n internasionale sportsoort wat vriendskappe en vrede smee tussen nasies. Judo het bekend geword as ‘n sportsoort wat respek en dissipline bevorder. Respek en dissipline versterk die emosionele, sosiale en intellektuele ontwikkeling van leerders wat ‘n groot invloed uitoefen op die fisiese prestasies van deelnemers. Judo is ‘n konstruktiewe en sistematiese sportsoort wat die intelligensie van judoka bevorder en ontwikkel. Die basis van intelligensie is perseptuele-beweging wat ons deur die gebruik van ons sintuie kennis kan verkry. Omdat Judo ‘n perseptuele-bewegings aktiwiteit is, word dit hoogs aanbeveel vir kinders met leergestremdhede.

Froggie Swemskool
Froggie Swemskool bied swemklasse vir babas vanaf 6 maande ouderdom. Die Froggie Swemskool program is ontwerp om babas, kleuters, jong kinders en volwassenes te help om gewoond te raak aan water en om selfvertroue en deelname te ontwikkel. Pret aktiwiteite mag ook lei tot die ontwikkeling van watervaardighede en waterveiligheid. Die metodes wat gebruik word by Froggie Swemskool is geskik is vir fisiese, sosiale, emosionele en intellektuele ontwikkeling. www.froggieswimschool.co.za



Clamber Club
Elke Clamber Club les nooi kleuters uit om te leer deur beweging. Clamber Club se apparate en Musiek is so ontwerp om kleuters die geleentheid te bied om bewus te word van hoe hulle liggame beweeg deur te rol, spring op die ritme van ‘n drom. Clamber Club verbeter kleuters se koördinasie, balans, perseptuele-motoriese vaardighede en kennis van die wêreld waarin hul leef met die hulp van Jog die padda. Die eerste ontwikkelingsjare van ‘n kind is baie belangrik vir brein ontwikkeling. Stimulasie, sensoriese vaardighede en aktiewe spel bou ‘n beter brein. Kleuters word speel-speel bloot gestel aan konsepte soos uit, in , bo, onder, swaar en lig.

Buitemuurse Aktiwiteite

Indien die ouers dit verlang, kan kinders aan bykomende buitemuurse aktiwiteite deelneem. Hierdie aktiwiteite word deur gekwalifiseerde, bekwame onderwysers aangebied met jare lange ondervinding:












Getuigskrifte

"Ek wil graag die geleentheid gebruik om julle te komplimenteer op 'n fantastiese skool. Die waardes en grondslag waarop Bonthuis gebou is, is baie duidelik in die bestuur van die skool, die omgewing, die inhoud, die ondersteuning asook al die personeel en onderwysers. Baie dankie vir die goeie werk wat julle doen, 'n werk wat beslis nie die erkenning kry wat julle verdien nie! Ek was 'n baie gelukkige ouer by Bonthuis en sal die skool aanbeveel vir enige ouer."
~ Cila Myburgh (Ouer van voormalige studente)

Lees meer