Die Kleuterskool - 4 tot 5 Jaar Ouderdomsgroep

Nadat die fondasie tydens die drie jaar in die crèche gelê is, word in die Kleuterskoolafdeling daarna gestreef om die basiese leervaardighede verder te ontwikkel en te verfyn as voorbereiding vir Graad R. Ons besef dat dit van uiterse belang is dat ons van gekwalifiseerde kleuterskool onderwyseresse met ervaring, gebruik maak. Al ons Kleuterskool Personeel het reeds skole in die Verenigde Koningkryk besoek (daar word steeds voortgegaan met dié gebruik) om sodoende ons kurrikulum te vergelyk en te verryk.

Die volgende gedifferensïeerde program, demonstreer ons holistiese benadering aangaande onderwys en opvoeding:

Persoonlike, Sosiale en Emosionele Ontwikkeling

  • •   Mededeling van eie ervarings
  • •   Selfstandige eet- en toiletgewoontes
  • •   'n Positiewe selfbeeld – aanmoediging tot selfstandige funksionering
  • •   Kleuters word aangemoeding om voorwerpe te bring vir die weeklikse tema

Fisiese Ontwikkeling
  • •   Groot motoriese koördinasie
  • •   Persepsie – ouditief en visueel
  • •   Liggaamsbelewing
  • •   Verwerwing van basiese vaardighede
  • •   Bewegingspel
  • •   Ballet, sokker, musiek, rekenaarklasse, kinderkinetika, Ulricke se kunsklasse, MiniSkaak, Experi-Maatjies, "Playball", "CMaths", "Froggie" Swemskool is beskikbaar as buitemuurse aktiwiteite

Kommunikasie, Taal en Geletterdheid
  • •   Stories en lees
  • •   Beklemtoning van die weeklikse tema om sodoende woordeskat- en kennisuitbreiding te bewerkstellig en die wêreld vir ons kinders oop te stel.
  • •   Gereelde uitstappies en ook opvoedkundige besoeke, verhoog die aanbieding van temas.

Ontwikkeling van Kritiese en Kreatiewe Denkvaardighede
  • •   Wiskunde – byvoorbeeld tel, kleur, geometriese figure en grootte
  • •   Kuns – ontwikkeling van fyn motoriese vaardighede en kreatiwiteit.
  • •   Wetenskap – basiese wetenskapbelewing in ooreenstemming met die tema

Kulturele Ontwikkeling
  • •   Musiek - Aanvullende musiek wardeering beskikbaar
  • •   Pretoria Eisteddfod
  • •   Konserte
  • •   Centurion Kunstefees
  • •   Poppekasvertonings op 'n gereelde basis aangebied
  • •   Opvoedkundige besoeke volgens tema
  • •   Uitstappies na verskillende gebiede in Pretoria
  • •   Entrepreneursdag
  • •   Vier Jeugdag met Potjiekos
  • •   Bonthuis Verjaardag: Informele piekniek, poppekasvertonings, vermaak deur bekendes
  • •   Oueroggend: Vertoning deur elke klas
  • •   Ma en Dogter Dag: Teepartytjie
  • •   Pa en Seun Kamp
  • •   Ouma en Oupa Piekniek Dag

Gesondheid
  • •   'n Fisioterapeut beskikbaar op perseel.
  • •   'n Goed gebalanseerde dieet wat daagliks voorsien word.


Getuigskrifte

"Ek wil graag die geleentheid gebruik om julle te komplimenteer op 'n fantastiese skool. Die waardes en grondslag waarop Bonthuis gebou is, is baie duidelik in die bestuur van die skool, die omgewing, die inhoud, die ondersteuning asook al die personeel en onderwysers. Baie dankie vir die goeie werk wat julle doen, 'n werk wat beslis nie die erkenning kry wat julle verdien nie! Ek was 'n baie gelukkige ouer by Bonthuis en sal die skool aanbeveel vir enige ouer."
~ Cila Myburgh (Ouer van voormalige studente)

Lees meer