Dienste wat ons bied by Bonthuis


Indien u na 'n kleuterskool soek waar die louter vreugde van kinders hul in staat stel om te gedy, talente en gawes ontgin, vertroetel en ontwikkel word tot lewenslange benutting, is Bonthuis heel moontlik die eindpunt van u soektog.

Die crèche is ruim, goed toegerus en baba-vriendelik. Die kleuterskool bestaan uit agt pragtige klaskamers wat goed beplan is en vindingryk benut word.

Ons beskik oor twee groot speelterreine aangesien ons daarvan oortuig is dat spel en vryheid van beweging vir kinders noodsaaklik is. Gedurende die somermaande speel kinders onder skaduryke bome terwyl die speelterrein gedurende die wintermaande 'n sonnige omgewing bied. Elke ouderdomsgroep kinders word deur ten volle gekwalifiseerde onderwyseresse met jare lange ervaring onderrig: Onderwyseresse is toegewyd om die volle potensiaal van elke kind as 'n unieke individu te ontwikkel en sodoende sy/haar bestaansreg te help vervul.

Elke kind word op sy naam aangespreek deur alle lede van die personeel. Dit verseker dat elke kind belangrik en gekoester voel. Onderrig word in beide Engels en Afrikaans aangebied.

Die benutting van 'n nagevorsde kurrikulum met spesifieke doeleindes vir verskillende ouderdomsgroepe:

  • •   'n Geïntegreerde Britse en 2005 pre-primêre kurrikulum word gebruik. Hierdie kurrikulum is getoets, nagevors en suksesvol geïmplementeer. Twee personeel lede word op 'n gereelde basis na die Verenigde Koningkryk gestuur waar gesaghebbende skole besoek word en wat as meetinstrument en monitor vir ons standaard en metodes dien.
  • •   Implementering geskied op 'n gedifferensieerde basis en volgens ouderdomsgroepe.
Kunsonderrig word deur die onderskeie klasonderwyseresse anngebied. Blootstelling aan 'n verskeidenheid media dien as ontwikkeling en verfyning van denke ontplooiing, soos probleemoplossing en kreatiwiteit.Gedifferensieerde onderrig binne elke ouderdomsgroep verseker die nodige aandag en stimulering wat deur individue vereis word.Indien 'n kind remediërende onderrig benodig, word daar ook in hierdie behoefte voorsien. Sodoende verseker ons dat elke kind sy volle potensiaal ontwikkel en bereik.
  • •   Bonthuis is gedurende die hele jaar oop. Bonthuis sluit gewoonlik in die middel van Desember tot vroeg in die tweede week van Januarie.
  • •   Ons ure is soos volg: 06h30 tot 17h30, Maandag tot Vrydag.
  • •   Twee gebalanseerde etes (oggend- en middag) word voorsien asook peuselhappies, vrugte en vrugtedrankies.
  • •   Al die klasse is toegerus met CCTV kameras asook al die buite speelareas om die kinders se veiligheid te waarborg.
  • •  Fisioterapiedienste op die perseel aangebied: Longbehandeling vir toestande soos asma, brongitis, boonste lugweg en respiratoriese infeksies en Sinusitus


Getuigskrifte

"Ek wil graag die geleentheid gebruik om julle te komplimenteer op 'n fantastiese skool. Die waardes en grondslag waarop Bonthuis gebou is, is baie duidelik in die bestuur van die skool, die omgewing, die inhoud, die ondersteuning asook al die personeel en onderwysers. Baie dankie vir die goeie werk wat julle doen, 'n werk wat beslis nie die erkenning kry wat julle verdien nie! Ek was 'n baie gelukkige ouer by Bonthuis en sal die skool aanbeveel vir enige ouer."
~ Cila Myburgh (Ouer van voormalige studente)

Lees meer